Vrou skiet siek man, twee kinders en toe haarself

Lees ook :

Vrou skiet siek man, twee kinders en toe haarself fotokrediet: X

NEW HAMPSHIRE, VSA. – Dit is bekend Emily Long was die skieter in die gesinstragedie waarin ‘n man, vrou en twee van hulle drie kinders Maandag in Madbury, New Hampshire, gesterf het. Dié ma van drie het eers haar terminaal siek man doodgeskiet, voordat sy hulle oudste twee kinders geskiet en laastens haarself om die lewe gebring het.

Lees ook: Gesinslede dood gevind – moontlik moord/selfdood

Die polisie is Maandagaand oor ’n verdagte sterfgeval geskakel en het die liggame van Ryan Long (48), Parker (8), Ryan (6) en Emily Long (34) met skietwonde in die huis aangetref.

Volgens die prokureur-generaal, John Formella, het Emily Long ’n handgeweer geneem en verskeie skote op Ryan geskiet en toe twee van hulle drie kinders voordat sy haarself geskiet het. Die paar se derde kind (3) was ongedeerd.

Nadoodse ondersoeke het gewys Ryan is verskeie kere geskiet en die kinders is elkeen een keer geskiet. Emily Long is ook net een skoot toegedien.

Ryan, ‘n skoolsielkundige, het ’n aggressiewe vorm van breinkanker gehad. Emily het op sosiale media gedeel dat sy “angstig en eensaam is” en dat sy bang was om ’n enkelouer te word. Sy het in een van haar laaste plasings op sosiale media gesê sy oorweeg dit om terapie te kry.

Bronne: The Independent, Daily Mail, The Sun

Lees ook: Gesinslede dood gevind – moontlik moord/selfdood

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief