Man vas ná ‘moord op eksmeisie, poging tot moord op meisie’

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

NOORDWES. – ’n Man (26) is vanoggend vroeg (Vrydag) op aanklagte van moord op Kgaugelo Marota (20), sy gewese meisie, en poging tot moord op sy huidige vriendin in Carousel View, naby Maubane, in hegtenis geneem. Die verdagte het glo die redes vir sy dade op sosiale media geplaas.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring Marota se liggaam is Donderdag by ’n taverne in Maubane gevind. Sy het veelvuldige steekwonde gehad en is op die toneel dood verklaar. Ná die voorval het die verdagte glo na sy huis teruggekeer waar hy sy huidige vriendin verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek het. Sy is vir mediese behandeling na ’n plaaslike hospitaal geneem.

Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Temba-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief