Gesinslede dood gevind – moontlik moord/selfdood

Lees ook :

Familie dood in moord-selfdood fotokrediet: X

NEW HAMPSHIRE, VSA. – Twee volwassenes en twee kinders is Maandagaand in ‘n woning in Madbury, New Hampshire, dood gevind.

Lees ook: Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort

Twee mense het 911 gebel oor “’n verdagte dood” wat gelei het tot die vonds van die liggame van ’n egpaar en ’n seun (6) en dogter (8). ’n Kleuter is ongedeerd in die huis gevind en is in die sorg van familielede geplaas.

Volgens die direkteur-generaal John M Formella se kantoor het die vier slagoffers almal skietwonde gehad en is op die toneel dood verklaar. Hy het gesê speurders ondersoek die saak as ’n moontlike moord/selfdood.

Nadoodse ondersoeke sal vandag uitgevoer word en na verwagting meer lig op die saak werp. Dit is onbekend wie die skieter was. Die oorlede man was ‘n skoolsielkundige wat volgens ‘n inwoner van die buurt aan The Union Leader teen breinkanker geveg het.

Bronne: The Independent, PEOPLE, ABC News

Lees ook: Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief