Vrou wat glo minderjarige seun verkrag in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – ‘n Vroulike verdagte (24) het Maandag vlugtig in die Musina-landdroshof verskyn. Sy staan op ‘n aanklag van verkragting op ‘n seun (13) tereg. Die saak is tot vandag (Dinsdag) uitgestel.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die verdagte, wie se naam weerhou word, is Vrydag nadat die beweerde verkragting plaasgevind het, deur speurders van die Musina-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredinge (GKS) in hegtenis geneem.Sy het na bewering die minderjarige seun Vrydag omstreeks 15:00 by ‘n plaaslike kerkskuiling verkrag.

Volgens rapportering het die verdagte die slagoffer geroep. Sy het glo nakend op die grond gelê, waarna die verkragting plaasgevind het. ‘n Inwoner van die skuiling, wat na die asblik is, het glo die verkragting gesien. Die toesighouer van die skuiling is ingelig en het die polisie ontbied.

‘n Saak van verkragting is geopen, waarna die verdagte in hegtenis geneem is.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief