BOTSWANA. – Botswana het ’n nasionale openbare-gesondheidsnood aangekondig oor ‘n tekort aan noodsaaklike medisyne en mediese toerusting.
Lees ook: Dodetal styg ná Israeliese aanval op hospitaal – nóg 5 joernaliste dood
Die president van Botswana, Duma Boko, het gister die aankondiging gemaak en het ’n multimiljoen-dollar-plan uiteengesit om die tekort op te los. Hy het gesê om die tekort te bestuur, sal “hoogs pryssensitief wees weens ons beperkte geld”.
Die noodtoestand is vererger deur die stop van befondsing deur die Amerikaanse president, Donald Trump. Voordat hy die befondsing gestop het, het die VSA ’n derde van Botswana se MIV/Vigs-behandeling befonds.
Die minister van gesondheid, dr. Stephen Modise, het gesê daar is ’n tekort aan medisyne om onder meer kanker, Vigs en tuberkulose te behandel.
Bronne: BBC, SABC News, Zimbabwe News Now
Lees ook: Dodetal styg ná Israeliese aanval op hospitaal – nóg 5 joernaliste dood





