GAUTENG. – ’n Man (41) is Woensdag in Diepkloof op aanklagte van verkragting, ontvoering, roof en aanranding in hegtenis geneem.
Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring tussen 2008 en 2025 is altesaam 45 sake aangemeld, waarvan 38 by Diepkloof, vyf by Orlando en twee in Noordwes. Die slagoffers, vroue tussen 14 en 55 jaar oud, is deur ’n gewapende man geteiken wat sy gesig met ’n balaklawa of masker bedek het.
’n Gespesialiseerde span van die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het die verdagte vasgetrek.
Die verdagte sal Maandag op die aanklagte in die Protea-landdroshof verskyn.





