Polisiesersant skiet motoris dood, gevonnis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Die voormalige sers. Avhahumi Aldolphus Netshikweta (41) het op 20 September 2017 ‘n motoris wat glo nie wou stilhou nie, geskiet. Netshikweta is vir moord tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die Lebowakgomo-groepreaksiespan het tydens ‘n misdaadvoorkomingsoperasie ‘n verdagte voertuig probeer voorkeer. Die bestuurder het glo geweier om stil te hou en het ‘n vuurwapen op die polisie gerig. Netshikweta het twee skote in die verdagte se rigting geskiet. Hy is noodlotting gewond. ‘n Vuurwapen is saam met dagga en nyaope in die oorledene se besit gekry.

Netshikweta is in die Limpopo-hooggeregshof aan moord skuldig bevind. Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief