June Steenkamp vier verjaardag ondanks swak gesondheid

Lees ook :

Foto: Reeva Rebecca Steenkamp Foundation

June Steenkamp, Reeva se ma, vier vandag haar 79ste verjaarsdag. Volgens die Reeva Rebecca Steenkamp Foundation is dit ‘n geleentheid wat gelyktydig vreugdevol en hartseer is. June het op 1 September ‘n beroerte gehad en is intussen met Wernicke-afasie gediagnoseer.

June is op 20 September na ‘n rehabilitasiesentrum verskuif. Volgens die organisaslie leef June tans met ernstige Wernicke-afasie, ’n toestand wat haar verdedigingsmeganismes weggeneem het en haar innerlike warmte en opregte gees laat deurstraal. Haar liefdevolle, vriendelike en sagte persoonlikheid is duidelik sigbaar vir almal om haar. Waar sy vroeër haarself agter ’n muur van beskerming verskuil het om haar te weer teen die seer van kritiek en onvriendelike opmerkings, kan sy dit nou nie meer doen nie. Vir sommige mag dit soos ’n bedekte seën voorkom, maar vir dié wat die ware June geken het, bly dit ’n groot verlies.

Intussen is ‘n skarebefondsingsprofiel vir June op die been gebring om te help om haar rehabilitasie-onkoste te dek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief