Polisiesersant gesoek vir moord en poging tot moord, pleeg glo selfdood

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – ‘n Polisiesersant (53) van Riba Cross, Burgersfort, het glo Sondag sy eie lewe geneem nadat hy deur die polisie op die R555-pad naby Burgersfort vasgekeer is. Die voorval volg nadat hy in Gauteng vir moord en poging tot moord, wat glo met huishoudelike geweld verband hou, gesoek is.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die oorledene was verbonde aan die Presidensiële Beskermingsdiens (PSS) in Pretoria. Hy het glo Saterdag ‘n vroulike sersant van Pretoria doodgeskiet en daarna gevlug. Hy het die volgende oggend glo sy eie vrou in Bronkhorstspruit geskiet en gewond.

Polisie in Limpopo het ‘n wenk van die wit Nissan wat deur die sersant bestuur is, ontvang en dit onderskep. Die vasgekeerde sersant het glo op die beamptes geskiet en daarna, terwyl hy in die bakkie was, die vuurwapen op homself gerig. Dis bevestig die wapen wat gebruik is, is ’n diensvuurwapen van die staat.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en Opod is vir verdere ondersoek van die voorval in kennis gestel.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel en haar kommer uitgespreek oor die voortgesette verlies aan lewens weens huishoudelike geweld, veral waar wetstoepassers betrokke is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief