Vyf beseer nadat helikopter voor lugskou neerstort

Lees ook :

Vyf beseer nadat helikopter neer stort voor lugskou fotokrediet: X

KALIFORNIЁ, VSA. – Vyf mense, insluitend ‘n kind, is beseer nadat ‘n helikopter Saterdag beheer verloor en neergestort het voor ‘n Cars and Copters-skou in Kalifornië, VSA.

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Die helikopter het in palmbome op Huntington-strand vasgevlieg en het beheer verloor, voordat dit neergestort het.

Twee insittendes van die helikopter en drie verbygangers is beseer.

Die ongeluk het by ‘n “eksklusiewe helikopter-landingspartytjie” plaasgevind waar die helikopter sou optree.

Die federale lugvaartadministrasie en die nasionale vervoerveiligheidsraad is besig om die ongeluk te ondersoek.

Die vliegtuig het aan Nixon Helicopters behoort en is deur die eienaar Eric Nixon, gevlieg.

Bronne: Metro, Daily Mail, Road & Track

Lees ook: Bekende aktrise Diane Keaton (79) oorlede

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief