OOS-KAAP. – ‘n Vrouestudent (23) het Maandagaand tydens ‘n beweerde huisroof by ‘n sudentehuis in Summerstrand aan steekwonde gesterf. Nog ‘n vrouestudent (20) is in die voorval beseer. Die Humewood-polisie soek na ‘n manlike verdagte, vermoedelik in sy 20’s.
Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die onbekende verdagte is glo met ‘n mes na die studentehuis in Admiralty Way, Summerstrand. Hy het die oorledene na bewering tydens ‘n konfrontasie verskeie kere gesteek. Die ander vrouestudent is ook gesteek. Hy het daarna met twee selfone en ’n skootrekenaar weggehardloop. Die beseerde slagoffer is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem, maar die ander student is dood verklaar.
Die polisie doen ’n beroep op enige persoon met relevante inligting om speur.sers. Rudwaan Baatjies by 073 130 3018 te bel.





