Bekende hawe-uithangplek deur brand verwoes

Lees ook :

Foto's: Mosselbaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – La Peron-restaurant, in die Mosselbaai-hawegebied, is Sondagoggend deur ‘n brand vernietig.

Die Mosselbaai-munisipaliteit sê in ‘n sosialemediaplasing die plaaslike brand-, redding- en rambestuursdienste is ontbied. ‘n Span van Mosselbaai is om 04:44 by die toneel ontplooi, met bystand van die Groot Brak-span vanaf 04:55.

Die restaurant se dak het tydens die brand ingestort. Die brand is om 05:25 suksesvol geblus. Geen verdere inligting is beskikbaar gestel nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief