Brekende Nuus
Afrikaans

Bekende hawe-uithangplek deur brand verwoes

Foto's: Mosselbaai Munisipaliteit
Foto's: Mosselbaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – La Peron-restaurant, in die Mosselbaai-hawegebied, is Sondagoggend deur ‘n brand vernietig.

Die Mosselbaai-munisipaliteit sê in ‘n sosialemediaplasing die plaaslike brand-, redding- en rambestuursdienste is ontbied. ‘n Span van Mosselbaai is om 04:44 by die toneel ontplooi, met bystand van die Groot Brak-span vanaf 04:55.

Die restaurant se dak het tydens die brand ingestort. Die brand is om 05:25 suksesvol geblus. Geen verdere inligting is beskikbaar gestel nie.