Matrieks in pylvak – NSS-eksamen begin Dinsdag

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

Die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) eksamen sal op 21 Oktober begin en sal tot 27 November voortduur. Matrieks regdeur die land het hierdie laaste naweek en Maandag voordat hulle die laaste, maar ook belangrikste eksamen van hulle skoolloopbane aandurf.

Volgens die departement van basiese onderwys sal elke provinsie se vraestelle onderhewig wees aan dieselfde streng veiligheids- en administratiewe prosedures om die integriteit van die eksamen te beskerm. Die eerste vraestelle sluit rekenaartoepassings-tegnologie prakties en taaleksamens in, terwyl vakke soos wiskunde, geskiedenis, en tegniese vakke later aan die beurt sal kom. Die onderskeie onderwysdepartemente het hul voorbereidings en verwagtinge vir die matriekklas van 2025 bekend gemaak, terwyl sommige ook teruggekyk het na hul prestasies van die 2024-eksamen.

In Gauteng is 192 745 kandidate vir die eksamen geregistreer, waarvan meer as 144 000 voltyds skryf. KwaZulu-Natal het aangekondig dat 195 899 leerlinge vanjaar gaan skryf. In die Noord-Kaap sal sal net meer as 16 000 kandidate vanjaar die eksamen aflê. In die Wes-Kaap sal 77 442 kandidate skryf.

Die minister, Siviwe Gwarube, het gesê die departement is tevrede met die vlak van voorbereiding en het kandidate sterkte toegewens met hul laaste voorbereidings.

Bronne: Departement van Basiese Onderwys, provinsiale onderwysdepartemente, gov.za, education.gov.za, westerncape.gov.za, eceducation.gov.za, education.nwpg.gov.za en verskeie nuuswebwerwe.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief