Tiener kry gou hulp ná pofadder hom pik

Lees ook :

Foto: Boland Snake Removal 23/7 and Pest Control

WES-KAAP. – ’n Seun (15) is Saterdagmiddag, omstreeks 16:00, deur ‘n pofadder aan sy vinger gepik.

Boland Snake Removals 24/7 and Pest Control sê in ‘n sosialemediaplasing die seun, bekend as TJay, is onmiddellik op aanbeveling van dié diens na die Clanwilliam-hospitaal, ‘n hospitaal wat goed toegerus is om slangbyte te hanteer, geneem. By die hospitaal is die jong seun op ‘n drup gesit gesit en toetse is begin om te bepaal hoeveel slanggif in sy liggaam opgeneem is. Volgens die plasing kan die seun ernstige pyn en branderigheid verwag, wat algemeen is ná ’n pofadderbyt.

Mediese personeel by die hospitaal is deur dié diens as “ysters” beskryf. “Sterkte boeta, dis niks lekker waardeur jy nou moet gaan nie; ten minste kan jy Maandag se week skool skip.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief