NOORD-KAAP. – Die Kakamas-GKS vra die hulp van die publiek om ‘n verdagte in ‘n verkragtingsaak op te spoor.
Sers. Omphile Masegela, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe doen ‘n beroep op die publiek om die verdagte in die identikit te help identifiseer. Volgens die slagoffer het sy op 3 Oktober 2025 omstreeks 14:00 alleen gestap toe ’n onbekende man, geklee in ’n swart T-hemp en broek, haar met ’n mes gedreig en na ’n nabygeleë bos gedwing het, waar sy na bewering verkrag is.
Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.sers. Jurie Mokgalagadi by 079 697 7386 te bel.





