Springbok-haker vir 9 weke geskors

Lees ook :

Foto: SupaRugby

Jan-Hendrik Wessels, die Springbok, sal moontlik Suid-Afrika se toer aan die einde van die jaar misloop nadat hy vir nege weke geskors is vir ’n voorval tydens die Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd tussen die Bulls en Connacht in Galway die afgelope naweek.

Die voorval het in die 18de minuut van die wedstryd plaasgevind toe Josh Murphy, Connacht-speler, beweer het Wessels het hom onvanpas aangeraak. Nadat Murphy by Mike Adamson, die skeidsregter, gekla het, het dié gesê beeldmateriaal sal nagegaan word, maar wat Murphy self gedoen het, was onaanvaarbaar. Video-opnames het nie Murphy se bewering bevestig nie en Murphy is self gestraf omdat hy Wessels gestoot het. Wessels sal moontlik die wedstryde in Japan, Frankryk, Italië, Ierland en Wallis misloop. Appèl sal waarskynlik teen die skorsing aangeteken word.

Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, het vanoggend die volgende op X te sê gehad:

Bronne: SupaRugby, Rugb Mad, Planet Rugby, SA Rugby Magazine, SuperSport

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief