Polisie ondersoek man se moord tydens huisroof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Die Mount Road-polisiekantoor ondersoek ’n saak van moord en huisroof nadat ‘n vrou en haar lewensmaat (65) Donderdagoggend omstreeks 02:20 in hulle huis in Mangoldstraat, Newton Park, Gqeberha oorval en die man doodgesteek is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens voorlopige inligting is die polisie na ‘n klagte van huisroof. Met aankoms op die toneel is die slagoffer aangetref, wat vertel her dat hulle geslaap het toe sy ‘n harde geluid gehoor het. Toe sy gaan ondersoek instel, is sy in die gang deur vier onbekende verdagtes gekonfronteer. Die verdagtes het haar hande met kabelbinders vasgemaak, haar kop met ’n kussingsloop bedek en haar mond toegeprop voordat hulle die huis geplunder het.

Die verdagtes het daarna met ’n skootrekenaar en haar lewensmaat se voertuig, ’n Nissan Juke, gevlug. Nadat die slagoffer haarself bevry het, het sy ontdek dat haar 65-jarige lewensmaat nie reageer nie en doodgesteek is. Die gesteelde Nissan Juke is later in die middestad teruggevind.

Die polisie sê ondersoeke duur voort en leidrade word opgevolg. Die naam van die oorledene sal bekend gemaak word nadat ’n formele identifikasieproses afgehandel is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief