Man laat vaar borgtogaansoek ná dubbele moordklag

Lees ook :

Foto's: NVG en Swagger STFZ Nation

GAUTENG. – Tebogo Mnisi (38) van Mamelodi-Oos het sy borgtogaansoek in die plaaslike landdroshof laat vaar. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade, poging tot moord, asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en onwettige ammunisie nadat Tshiyamo Sweetness Moramaga (22), en Boleseng Mirandah Moramaga (21) doodgeskiet is en Desmond Semang (27) gewond is.

Kapt. Tintswalo Sibeko, polisiewoordvoerder, het gesê ‘n saak van dubbele moord en poging tot moord is Sondag geopen, toe die liggame van die twee vroue met skietwonde in Uitbreiding 17, Mamelodi-Oos, gevind is. Semang is vir behandeling in ‘n hospitaal opgeneem. Mnisi is Maandag by ‘n vulstasie in Solomon Mahlangu-rylaan in Pretoria in hegtenis geneem en het Woensdag op aanklagte in die hof verskyn.

Lumka Mahanjana, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens die aanklagte het die voorval Sondagoggend omstreeks 02:00 plaasgevind toe Mnisi na bewering vir Moramaga, sy vriendin, en haar niggie doodgeskiet het. Hy het glo daarna probeer om Semang te vermoor.

Die drie was die aand by Small Konka-taverne in Mamelodi-Oos. Hy is in hegtenis geneem en sy borgaansoek laat vaar. Die saak is vir verdere ondersoek tot 19 Januarie 2026 uitgestel.

Mnisi bly in aanhouding hangende die afhandeling van die saak.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief