KALIFORNIË, VSA. – Die FBI het ‘n beweerde terreurkomplot gefnuik wat glo vir Oujaarsdag beplan was.
Lees ook: Vyf mense by Kersmark in Duitsland dood in aanval
Vier lede van die Turtle Island Liberation Front is in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ‘n gekoördineerde bomaanval op minstens vyf plekke in Kalifornië te loods.
Die verdagtes is verlede week in hegtenis geneem terwyl hulle na die woestyn in Los Angeles op pad was om glo ploftoestelle te toets.
Volgens die FBI is die ondersoek nog aan die gang om uit te vind of nog verdagtes betrokke is.
Bronne: BBC, CBS News, The Times of India
Lees ook: 5 in hegtenis vir komplot om Duitse Kersmark aan te val





