DUITSLAND. – Vyf mans is in hegtenis geneem vir ‘n komplot om met ‘n voertuig in ‘n skare in te ry by ‘n Kersmark in Duitsland.
Lees ook: Twee mense dood toe voertuig in Duitsland deur skare ploeg
Drie Marokkaanse burgers, ‘n Egiptenaar en ‘n Siriese burger is Vrydag in hegtenis geneem oor ‘n plan om ‘n voertuig deur ‘n skare by ‘n Kersmark te ploeg.
Aanklaers het beweer die Egiptenaar het die aanval beplan met die doel om “soveel mense as moontlik dood te maak of te beseer”.
Die Marokkaanse burgers het glo ingestem om die aanval uit te voer, terwyl die Siriese burger glo die verdagtes aangemoedig het in hulle besluit om die aanval uit te voer.
Bronne: BBC, The Independent, DW
Lees ook: Twee mense dood toe voertuig in Duitsland deur skare ploeg





