Verdagtes doodgeskiet en een beseer in skietgeveg met polisie

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – Twee verdagtes wat na bewering beplan het om ’n koerierafleweringsvoertuig te beroof, is Woensdag noodlottig gewond en ’n derde beseer. ’n Skietgeveg tussen die polisie en die verdagtes het op die R25 in Kempton Park uitgebreek.

Luidens polisiewoordvoerder, lt.kol. Mavela Masondo, het misdaadintelligensie inligting ontvang oor die beplande rooftog in Etwatwa, Ekurhuleni. ’n Gesamentlike span wat die polisie se taktiese reaksie-eenheid, Gauteng se verkeerspolisie-lugvleuel, verskeie opsporingseenhede en private veiligheidsmaatskappye insluit, is ontplooi om vir die verdagtes op die uitkyk te wees. Voertuie wat by die beskrywing gepas het, is opgespoor en tot op die R25 gevolg, waar die polisie hulle probeer stop het. Die verdagtes in ’n wit Volkswagen Jetta het op die polisie losgebrand, waarna ‘n oor-en-weer-skietery plaasgevind het. Twee verdagtes is noodlottig gewond en een is met beserings onder polisiebewaking na ‘n hospitaal geneem.

Twee vuurwapens, blou ligte en polisie-reflekteerbaadjies is in die voertuig gevind. Die soektog na ander verdagtes wat in ’n tweede voertuig gevlug het, duur voort. Die vuurwapens sal ballisties getoets word.

Lt.genl. Tommy Mthombeni, die Gautengse provinsiale polisiekommissaris, het die toneel besoek en gesê: “Ons het die ruimte vir misdadigers ingeperk. Die polisie is in groot getalle ontplooi om mense in Gauteng hierdie feesseisoen te beskerm en ons sal altyd poog om ’n tree voor misdadigers te bly.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief