Ghislaine Maxwell wil hê hof moet vonnis omkeer

Lees ook :

Ghislaine Maxwell wil hê hof moet vonnis omkeer fotokrediet: X

NEW YORK, VSA. – Ghislaine Maxwell, die vrou wat die seksoortreder Jeffrey Epstein gehelp het om minderjarige meisies seksueel te laat misbruik, het ‘n federale hof gevra om haar 20-jaar tronkstrafvonnis om te keer of te verminder.

Lees ook: Andrew van sy laaste militêre titel gestroop

Maxwell beweer “nuwe bewyse” uit siviele sake, ondersoekverslae en ander dokumente het voorgekom, wat wys sy het nie ‘n regverdige verhoor gehad nie.

Maxwell het in haar aansoek beweer daar was verskeie probleme met haar saak, insluitend ‘n jurielid wat later erken het hy was ‘n slagoffer van seksuele mishandeling. ‘n Bewysstuk is glo ook nie aan haar beskikbaar gemaak nie en die lang tydsverloop tussen die dade waarvoor sy aangekla is, asook die tyd wanneer sy aangekla is, is deur haar uitgewys.

Die aansoek om haar vonnis om te keer, is gister in New York ingedien, slegs twee dae voordat die justisiedepartement alle dokumente aangaande die Epstein-ondersoek moet vrystel.

Bronne: BBC, CBS News, ABC News

Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief