WES-KAAP. – ‘n Vermiste seun (6) se liggaam is Vrydag binne-in ‘n wasmasjien in Ensorstraat, Cafda, Retreat, gevind. Die uitslag van ‘n nadoodse ondersoek om die oorsaak van sy dood te bepaal, word afgewag.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die pa van die kind het na Steenberg-polisiekantoor gegaan om hom as vermis aan te meld. Polisiebeamptes is saam met die pa terug na sy huis toe om na die kind te begin soek. Die ondersoek het die beamptes na die wasmasjien gelei waar sy liggaam aangetref is.
Hy is dood verklaar. ‘n Geregtelike doodsondersoek is deur die polisie geregistreer.





