LIBIë. – Die weermaghoof van Libië is gister in ‘n vliegtuigongeluk in Turkye oorlede.
Lees ook: Nog Epstein-dokumente vrygestel
Genl. Mohammed Ali Ahmed al-Had dad en vier ander mense was op ‘n Falcon 50-vliegtuig in Turkye op pad na Tripoli.
Die Turkse minister van binnelandse sake het gesê kontak is met die vliegtuig verloor 43 minute nadat dit van die Ankara-lughawe opgestyg het. Toestemming vir ‘n noodlanding is gevra net voordat kontak verloor is.
Die vliegtuigwrak is suidwes van Ankara gevind en die ongeluk word nou ondersoek.
Bronne: BBC, The Indian Express, Euronews
Lees ook: Nog Epstein-dokumente vrygestel





