VSA. – Die Amerikaanse departement van justisie het gister nog Epstein-dokumente vrygestel.
Lees ook: Duisende Epstein-dokumente vrygestel
Gister se vrystelling volg nadat Demokrate gedreig het om die departement te dagvaar omdat dit net sommige dokumente vrygestel het.
Die dokumente wat gister vrygestel is noem Amerikaanse president Donald Trump, maar die departement het gesê “van die dokumente bevat vals bewerings wat teen Trump gemaak is wat aan die FBI gegee is voor die 2020-verkiesing”. In die dokumente staan dat Trump agt keer tussen 1993 en 1996 op Epstein se vliegtuig gereis het.
Daar was ook ‘n e-pos van iemand genaamd A wat Ghislaine Maxwell gevra het of sy vir hom enige “nuwe onbehoorlike vriende gekry het”. Die e-pos is gestuur van “The Invisible Man” wat voorheen aan Andrew Mountbatten Windsor verbind is.
Nog’ n dokument wat vrygestel is, wys dat Epstein vir Larry Nassar, die Olimpiese afrigter wat jong vroulike atlete seksueel misbruik het, ‘n brief wou stuur uit die tronk.
Die departement het gesê die dokumente bewys nie noodwendig skuld nie.
Bronne: BBC, NBC News, EWN
Lees ook: Duisende Epstein-dokumente vrygestel





