Meer as 700 Kersfeesbabas in openbare gesondheidsfasiliteite gebore

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

Die departement van gesondheid het op Kersdag aangekondig 714 babas is tussen middernag op 24 Desember en die middag van 25 Desember in openbare gesondheidsfasiliteite regoor die land gebore. Die aankondiging wat in Pretoria gemaak is, sluit syfers vir al nege provinsies in. Meer as 30 tienerma’s, sommige so jonk as 15 jaar, is deel van dié statisitieke.

Volgens die departement is die eerste Kersdag-baba om 00:00 by Elim-hospitaal in Limpopo gebore, gevolg deur geboortes by Tonga-hospitaal in Mpumalanga en Elizabeth Ross-distrikshospitaal in die Vrystaat om 00:02. Die departement sê gesondheidswerkers het deurgaans toesig gehou om die veiligheid van moeders en pasgeborenes te verseker.

Die departement het ouers aangemoedig om te borsvoed en hulle babas te laat immuniseer, aangesien dit babas teen voorkombare siektes beskerm en oorlewing in die eerste lewensmaande bevorder. Die departement gaan voort om moeder-, neonatale en kindergesondheidsdienste te versterk om veilige en gehalte sorg te verseker.

Volgens die departement is die syfers voorlopig en kan dit verander namate verdere geboortes deur die dag aangemeld word.

Oos-Kaap – babaseuns 56 en babameisies 50

Gauteng – babaseuns 111 en babameisies 106

Vrystaat – babaseuns 14 en babameisies 18

Limpopo – babaseuns 53 en babameisies 35

KwaZulu-Natal – babaseuns 35 en babameisies 39

Mpumalanga – babaseuns 44 en babameisies 43

Noordwes – babaseuns 25 en babameisies 28

Noord-Kaap – babaseuns 14 en babameisies 11

Wes-Kaap – babaseuns 11 en babameisies 21

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief