Soektog na Rikus Kylander duur voort

Lees ook :

Foto: ArmKo Security

Die soektog na Rikus Kylander (18), wat op 18 Desember 2025 omstreeks 13:00 vermis geraak het terwyl hy in Ponta do Ouro gesnorkel het, het op Kersdag die sewende dag bereik. Die soektog, wat voortduur, strek oor land, see en lug, vanaf Ponta do Ouro tot by die Suid-Afrikaanse grens en so ver noord as Dobela.

Volgens Dawn Gounden, ArmKo Security-woordvoerder, word maritieme vaartuie, professionele duikers en hommeltuie ingespan in die voortgesette soekpoging. Sy sê gemeenskappe, vakansiegangers en kusoperateurs dra by deur waaksaam te bly en enige moontlike inligting aan te meld.

Gounden sê die publiek word versoek om enige inligting wat die soektog kan help, aan die betrokke owerhede te gee. Gounden kan by +27 74 712 5855 gebel word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief