Jong vrou tydens vakansie by gewilde restaurant beseer

Lees ook :

Foto: Lumari Mentz

WES-KAAP. – Lumari Mentz (22), met vakansie in Mosselbaai, het op 23 Desember by die Big Blu-restaurant by Die Punt in Mosselbaai van ‘n bruggie geval, wat die restaurant met die dekgedeelte verbind. Mentz is volgens haar sosialemediaprofiel ‘n student in respiratoriese terapie by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria.

Hoërskool Standerton, waar Mentz eens ‘n leerling was, het in ‘n sosialemediaplasing gesê daar word vir haar gebid en het ook vir gebed gevra. Mentz het glo verskeie beenbreuke opgedoen, asook ernstige rugbeserings en sterk in die George Mediclinic aan.

Volgens die Mosselbay Advertiser het Mentz ‘n operasie ondergaan en is tans in die intensiewesorgeenheid van George Mediclinic. Rehabilitasie lê vir haar voor.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief