Kinderoppasser in hegtenis ná 2-jarige met oop wonde aangetref is

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – ‘n Vrou (59) in Jeffreysbaai is deur die polisie in hegtenis geneem nadat ‘n kleutermeisie (2) wat in haar sorg was op Nuwejaar met oop wonde aan haar bolyf gevind is.

Luidens ‘n verklaring van brig. Nobuntu Gantana is die polisie omstreeks 04:00 na ‘n woning in Govan Mbeki-straat, Tokyo Sexwale, vir ‘n klagte van ‘n beseerde kind ontbied. Met aankoms het beamptes die meisie met oop wonde aan haar bolyf aangetref. Die kinderoppasser was glo onder die invloed van alkohol. Dit is tans onduidelik hoe die kind die beserings opgedoen het.

Die kind is na ’n hospitaal geneem waar sy vir mediese behandeling opgeneem is. Die verdagte sal na verwagting Maandag op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing in die Humansdorp-landdroshof voorkom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief