Die VSA het ’n klag van verbeurdverklaring ingedien teen twee missiebemanningsopleiers (MCT’s), wat van Suid-Afrika na China vervoer is. Die vraghouers is in 2024 in Singapore onderskep terwyl dit op ’n skip na China was en is volgens die Amerikaanse regsdienste gebou deur die toetsvliegakademie van SA (TFASA) om personeellede van China in oorlogvoering op te lei.
Washington sê die MCT’s is mobiele klaskamers wat bedoel is om China se Volksbevrydingslëer) (PLA) te help om personeel op te lei in die gebruik van lugwaarskuwings- en beheerstelsels en duikbootbestrydingsvliegtuie, gebaseer op tegnologie van die VSA en Westerse lande gebaseer is. Daar word aangevoer dat streng uitvoerbeheerreëls oortree is deur die gebruik van beskermde Amerikaanse sagteware en tegniese data sonder die nodige lisensies.
Die Amerikaanse departement van justisie beweer dat die TFASA as ’n burgerlike vliegoefenskool optree, maar eintlik die Chinese lug- en vlootmagte met tegniese kundigheid en inligting bevoordeel, wat ’n bedreiging vir Amerikaanse nasionale veiligheid inhou. TFSA ontken die bewerings ten sterkste en sê die toestelle was basiese mobiele klaskamereenhede sonder enige taktiese of gespesialiseerde militêre vermoëns en dat toepaslike regulasies nie oortree is nie.
Druk hier vir die verklaring van die Office of Public Affairs U.S. Department of Justice
Lees die verklaring van Test Flying Academy of South Africa hier onder:


Bronne: Office of Public Affairs U.S. Department of Justice, Test Flying Academy of South Africa, Breaking Defense, Central News, African News Agency