Die sogenaamde “oordeelsdaghorlosie” of Doomsday Clock geniet tans wêreldwyd aandag nadat dit deur wetenskaplikes na 85 sekondes voor middernag aangeskuif is.
Volgens HUM News Beheer die Bulletin of the Atomic Scientists die horlosie, wat ‘n aanduiding gee van hoe na die wêreld aan die vernietiging van die planeet Aarde is. Dit is in 1947 ingestel as ‘n waarskuwing aan die mensdom oor hoe die planeet deur sy eie toedoen onbewoonbaar gemaak word, en word jaarliks aangeskuif.
Middernag is nie ‘n metafoor vir die oordeelsdag nie, maar verteenwoordig eerder ‘n teoretiese punt waar die planeet deur kernoorloë, katastrofiese klimaatsverandering en onbeheerste tegnologiese waagstukke onbewoonbaar gemaak word. Hoe nader die horlosie na middernag toe beweeg, hoe hoër is die risiko wat die mens wêreldwyd in die gesig staar.
Bronne: HUM News, Macao News





