Operasies weens gebrekkige lugversorging gekanselleer of uitgestel

Lees ook :

Foto: Steve Biko Akademiese Hospitaal

GAUTENG – Operasies by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria is volgens die DA weer vertraag omdat die lugversorging in die operasieteaters nie funksioneer nie. Operasies is óf gekanselleer óf uitgestel.

Volgens dr. Jack Bloom, DA-LP en skadulid vir gesondheid in Gauteng, is die situasie ernstig en plaas dit pasiënte wat dringend chirurgie benodig in gevaar. Die besluit is gemaak omdat die teatertemperatuur bo die vereiste 18°C, ’n temperatuur wat nodig is om infeksies te voorkom, gestyg het. Pasiënte met beenbreuke word veral geraak, terwyl bejaardes die swaarste ly, aangesien hulle minder weerbaar is.

Bloom herinner dat dit nie die eerste keer is dat die verkoeling probleme veroorsaak nie; die stelsel het verlede jaar ook al gefaal.

Die DA sê volledige hersiening van instandhouding in Gauteng se openbare hospitale is nodig, met groter fokus op gekwalifiseerde personeel en voorkomende instandhouding om toerusting betyds te herstel voordat dit kritiek faal.

Nuusflits het kommetaar van die hospitaal en departement van gesondheid in die provinsie gevra.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief