Plaaslike restaurante, spysenieringsdienste en informele kosverkopers in Thohoyandou, Limpopo, sê hulle ervaar ’n positiewe voordeel en ‘n bestendige toename in klante voor Saterdag se Weermagdag-vieringe.
Entrepreneurs se hulle verwelkom die regering se besluit om nasionale geleenthede in die dorp te vier wat die ekonomiese groei sal stimuleer.
Lees ook: https://www.sanews.gov.za/south-africa/sandf-outlines-preparations-2026-armed-forces-day
“Dinge is effens beter as wat ons verwag het; dit is goed vir ons. Wat verkope betref, maak ons ’n baie goeie wins wat ons gewoonlik nie ná die feestyd sien nie. Sedert die weermag hier kuier, gaan dit baie goed, ons wens hulle kon vir altyd bly.”

Thulamela se munisipale woordvoerder, Nndwamato Tshiila, het die positiewe impak wat die Weermagdag-vieringe op plaaslike besighede het verwelkom. “As munisipaliteit kan ons nie sê ons baat direk daarby nie, maar as ’n mens na ons klein besighede kyk, sien jy dat hulle grootliks daarby baat.”
Hy sê voorts dat die dorp se hotelle almal vol bespreek is





