PRIESKA. – ’n Nuuskierige wildlewe-ontmoeting in Prieska in die Noord-Kaap het inwoners aan die praat gehad nadat ’n plaaslike gesin foto’s gedeel het van ’n klein paddatjie wat in ’n gat in die grond woon. Om die raaisel oor die padda se oorsprong op te los, het die gesin hulle na sosiale media gewend.
Volgens Natalie-Ann Van Tonder het haar man die paddatjie in ’n holte ontdek en dit kortliks uitgehaal om foto’s te neem, waarna dit weer veilig vrygelaat is. Die paddatjie het glo ’n vreemde geluid gemaak toe dit vasgehou is.
Die gesin wou graag weet watter spesie dit kan wees en het die publiek se hulp gevra met identifikasie. Alhoewel die kommentaar die padda aanvanklik as ’n reënpadda geïdentifiseer het, was dit die Motsumi Bush Courses wat die regte spesie aangedui het.
“Heel moontik die Tomopterna tandyi, Tandy’s sandpadda. Die T. Adiastola is ook ’n moontikheid; daar is baie ooreenkomste tussen hulle. Die Tandy’s is egter meer bekend in daardie omgewing.”
Het jy al ‘n vreemde of soortgelyke grondbewonende dier in die Prieska-omgewing ontdek? Laat weet gerus in die kommentaar.





