Vrou met 130 giftige paddas op lughawe betrap

Lees ook :

Die paddas is giftig en 'n bedreigde spesie. Foto: Bogotá Environment Secretary

BOGOTA, COLOMBIA.- ’n Vrou (37) is Maandag op die El Dorado-lughawe in Bogota in hegtenis geneem nadat 130 giftige harlekynpaddas in haar tas gevind is.

Volgens die polisie was die paddas in klein geseëlde houertjies en naby aan versmoring.

Die vrou het glo probeer om die paddas na Sao Paulo, Brasilië te smokkel. Volgens polisie-owerhede is die spesifieke spesie gewild onder versamelaars wat duisende dollars op internasionale markte daarvoor sal betaal. Een van die paddas kan glo vir 1 000 dollar verkoop word.

Harlekynpaddas is een van die giftigste amfibie-spesies ter wêreld. Hulle gif kan vir die voorpunt van ’n jagterspyl gebruik word en is sterk genoeg om klein diere dood te maak.

Owerhede het nie die vrou se storie, dat die paddas ’n geskenk van vriende was, geglo nie.

Bronne: BBC, WFLA, NBC 6

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief