Skool ontruim – leerlinge vir asemnood behandel

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – Leerlinge van ‘n hoërskool in Major Calvertstraat in Wentworth, suid van Durban, het vanoggend (Donderdag) gesukkel om asem te haal en is behandel vir inaseming van vermoedelik gas of ‘n chemiese stof.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê kort voor 10:00 was dié diens by die skool waar leerlinge deur paramedici moes behandel word. Die gas- of chemiesestoflek was glo van ‘n erf in die nabyheid van die skool, wat vermoedelik deur die wind aangedryf en deur die leerlinge ingeasem is. Die leerlinge het gesukkel om asem te haal, terwyl een leerling glo aanvalle ondervind het. Hulle is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici gestabiliseer en het meer hulp benodig. Hulle is vir verdere mediese behandeling na Durban-hospitale geneem. Die skool is ontruim en het vir die dag gesluit.

Jamieson sê die eThekwini-brandweer was teenwoordig en het gesê dit is veilig vir paramedici om die kinders te behandel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief