Beskuldige vrygespreek in moordsaak – Action Society reageer

Lees ook :

Foto: Candice Robertson Facebook-blad

WES-KAAP. – Etienne van der Merwe is deur die Kaapstad-streekhof in die Candice Robertson-moordsaak vrygespreek, nadat die hof ’n Artikel 174-aansoek van die verdediging toegestaan het. Action Society is bekommerd oor die vryspraak.

Volgens Kaylynn Palm, Wes-Kaap-hoof van Action Society, sê die beslissing is verwoestend vir Robertson se familie wat bykans vier jaar vir geregtigheid gewag het. Robertson is op 30 April 2022 dood by ’n gastehuis in Groenpunt aangetref nadat haar lewensmaat aanvanklik beweer het dat sy selfdood gepleeg het.

Tydens die verhoor het twee forensiese kenners vir die staat getuig. ’n SAPD- forensiese beampte het verduidelik dat Robertson kneusplekke aan haar gesig gehad het, dat daar bloedvlekke op ’n kussing was en vloeistof uit haar mond gekom het. Hy het ook getuig dat ’n sogenaamde “hang-toets” op die haak op die toneel gedoen is, wat glo onmiddellik gebreek het en nie ’n liggaam van 50 kg kon dra nie.

Hy het verder gesê die merk aan Robertson se nek was horisontaal en stem ooreen met ’n gordel wat op die toneel gevind is. Volgens hom sou ’n V-vormige merk gelaat gewees het wanneer ’n persoon regop sou hang.

’n Forensiese patoloog het ook getuig dat Robertson se dood as onnatuurlik geklassifiseer is en dat sekere tekens, insluitend gesigskongestie, meer met verwurging as met hang verband hou. Sy het ook gesê daar was geen tekens dat kardiopulmonêre resussitasie (KPR) uitgevoer is nie, ondanks die beskuldigde se bewering dat hy dit probeer doen het.

Die verdediging het egter aangevoer dat die staat nie genoegsame bewyse gelewer het om Van der Merwe aan Robertson se dood te verbind nie. Die hof het saamgestem en hom vrygespreek. Action Society sê die saak beklemtoon weer hoe belangrik deeglike polisie-ondersoeke is in gevalle van verdagte sterftes, sodat families nie sonder antwoorde gelaat word nie.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief