WES-KAAP. – ’n Man (21) is in hegtenis geneem op aanklag van verkragting van ’n 18 maande oue babameisie in Beaufort-Wes. Hy het Woensdag in die plaaslike landdroshof verskyn. Die saak is vir regsverteenwoordiging en ’n formele borgtogaansoek tot 26 Maart uitgestel.
AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die babameisie is na bewering op 16 Maart in die sorg van die verdagte gelaat. Toe die ma terugkeer, het sy opgemerk dat die babameisie ongemaklik is. Nadat daar vermoed is dat die baba glo seksueel aangerand is, is die saak by die polisie aangemeld en die ondersoek aan Beaufort-Wes GKS toegewys.
Die verdagte bly in aanhouding terwyl die ondersoek voortduur.





