Maatreëls ingestel om impak van stygende brandstofprys tydelik te verlig

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Tydelike verlaging van brandstofheffings is deur die ministers van finansies en ook minerale en petroleumhulpbronne aangekondig as maatreëls om die impak van die skerp stygende brandstofprys te verminder. Die maatreëls sal maandeliks hersien word en verdere besluite kan geneem word afhangend van marktoestande.

Volgens die departement van minerale en petroleumhulpbronne is dié besluit geneem ná stygende wêreldoliepryse weens konflik in die Midde-Ooste plaaslike pryse onder druk plaas. Die regering sê die verligting sal sowat R6 miljard aan verlore belastinginkomste kos, maar is nodig om druk op verbruikers, veral vir vervoer- en voedselkoste, te verminder.

🔻 Tydelike verlaging van brandstofheffing
• Algemene brandstofheffing verlaag met R3 per liter
• Geld van 1 April tot 5 Mei 2026
• Petrolheffing daal van R4,10 na R1,10 per liter
• Dieselheffing daal van R3,93 na R0,93 per liter

🔻 Verdere maatreëls beplan
• Hersiening van die brandstofprysmodel
• Moontlike ondersteuning vir huishoudings en sleutelbedrywe
• Verdere aankondigings sal volg

Die regering het ook benadruk dat daar genoeg brandstof in Suid-Afrika beskikbaar is en dat enige tekorte hoofsaaklik plaaslik en tydelik is, dikwels as gevolg van paniekaankope. Motoriste en besighede word versoek om nie brandstof onnodig op te gaar nie.

Die regering sê hy bly daarop gefokus om verbruikers te beskerm sonder om die land se finansiële stabiliteit in gevaar te stel.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief