Ter herdenking van Wêreldoutismedag het die minister in die presidensie vir vroue, jeug en persone met gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, ’n memorandum van Autism Matters RSA ontvang.
Hierdie dag word jaarliks op 2 April gevier en dien as ‘n fokuspunt vir die maand.

In ’n plasing op sosiale media het die departement foto’s oor die geleentheid gedeel.
https://www.facebook.com/share/p/1CBhaSLATH
Minister Chikunga gesê die regering aanvaar die memorandum “in die gees van vennootskap, aanspreeklikheid en ’n gedeelde verbintenis tot verandering.”
Gift of the Givers sê hulle glo dat elke kind begrip, ondersteuning en die geleentheid verdien om te floreer. Dié organisasie plaas klem daarop dat outisme nie as ’n beperking gesien moet word nie, maar eerder “’n ander manier om die wêreld te ervaar.”
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word een uit elke 100 kinders met outisme gediagnoseer en kom dit veral onder seuns voor.
Outisme, ’n groep komplekse neuro-ontwikkelingsgestremdhede, word ’n “spektrum” genoem omdat dit by elke individu verskillend voorkom. Wanneer ’n kind met outisme met geduld en deernis onderrig en gelei word, stel dit hulle in staat om, “te skitter,” sê Gift of the Givers voorts.





