GAUTENG. – ‘n Bejaarde man (80) is in De Pan naby Carletonville op sy plot oorval, vasgebind en beroof.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê polisiebeamptes was op 31 Maart besig met patrollie toe hulle ’n blou VW Jetta opmerk. Twee mense het uit die voertuig gespring en weggehardloop toe die polisie nader beweeg. Verskeie elektriese toestelle is in die motor gevind. Die voertuig het die polisie na ’n nabygeleë plot gelei waar hulle die bejaarde man met drade vasgebind en ernstig aangerand aangetref het. Die huis was geplunder.
Die bejaarde man is hospitaal toe geneem vir behandeling. Niemand is nog in hegtenis geneem vir die aanval op die plot nie en die ondersoek duur voort.

