Die nasionale departement van gesondheid het die aankoms van die eerste besending van 37 920 dossisse van die MIV-voorkomingsmiddel Lenacapavir in die land bevestig. Die eerste besending van Ierland af het OR Tambo Internasionale Lughawe onderskeidelik op 30 Maart en 2 April bereik. Na verwagting sal daar net minder as 1 miljoen dosisse vir die 2026/2027 finansiële jaar die land binnekom.
Foster Mohale, woordvoerder van die departement, sê in ‘n verklaring die middel sal help om bestaande pogings versterk om MIV te voorkom, veral vir mense wat sukkel om huidige metodes konsekwent te gebruik. Die inspuiting, wat net twee keer per jaar toegedien word, kan volgens hom ’n groot verskil maak in die vermindering van nuwe infeksies.
Die departement beplan om in die komende weke meer besonderhede oor die bekendstelling en implementering van die middel bekend te maak. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sal na verwagting die amptelike bekendstellingsdatum saam met die president aankondig.
Druk ook hier om meer te lees.


