Kop-aan-kop-botsing op R23 eis 4 vroue

Lees ook :

Foto's: Departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling

MPUMALANGA. – Vier vroue is Vrydagaand in ’n kop-aan-kop-botsing tussen ’n sedan en ’n vragmotor op die R23 tussen Volksrust en Perdekop dood.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die Mpumalanga-departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling het nog vier mense, wat die bestuurder en drie passasiers van die sedan insluit, beserings opgedoen wat van gering tot ernstig wissel. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen. Al die beseerdes is vir behandeling na ’n hospitaal in Standerton geneem.

Die oorledenes was almal passasiers in die sedan. Die departement het sy medelye met die slagoffers se families uitgespreek en motoriste versoek om verantwoordelik op te tree en die padreëls na te kom.

Die oorsaak van die botsing is nog nie bevestig nie en word ondersoek, maar owerhede sluit nie roekelose of nalatige bestuur uit nie. Daar is ook gewaarsku dat die R23 as ’n hoërisikoroete vir noodlottige ongelukke beskou word, veral tydens vakansietye en langnaweke wanneer verkeer toeneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief