Borgtog vir taxi-bestuurder ná leerlinge doodbrand

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

LIMPOPO. – Mogau Mosehla (44) is Woensdag in die Nebo-landdroshof op borgtog vrygelaat in die saak waartydens ‘n brandende taxi die lewe van twee skoolleerlinge in die Masemola-gebied geëis het.

Volgens polisiewoordvoerder kol. Malesela Ledwaba is die beskuldigde op R6 000 borgtog vrygelaat en die saak is na 21 Augustus uitgestel. Die voorval het op 13 Mei, kort voor 16:00 op die Apel-kruispad tussen die Tswaing-grondpad in die rigting van Nkotwokwane, plaasgevind. ‘n Toyota Quantum-taxi wat na bewering ongeveer 22 skoolleerders tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar vervoer het, het vlam gevat terwyl dit op ‘n grondpad gery het. Twee kinders het in die brandende voertuig omgekom, terwyl sewe ander beseer en na ‘n hospitaal vervoer is. Dertien kinders het ongedeerd ontsnap.

Hy word aangekla vir strafbare manslag, asook vir oorlading en die versuim om ‘n bedryfsertifikaat volgens die Padverkeerswet te toon. Ondersoeke duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief