4 dood in Kayamandi-massaskietery

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Vier mense is Sondagaand in Kayamandi, Stellenbosch, tydens ‘n massaskietery dood en vier ander, onder wie twee polisiebeamptes, gewond.

Kol. André Traut, polisiewoordvoerder, sê volgens Stellenbosch-polisiebeamptes is hulle omstreeks 17:30 na ‘n skietvoorval in 7de Laan ontbied waar ‘n onbekende man met noodlottige skietwonde aangetref is. Terwyl beamptes die toneel beveilig het, het hulle nog geweerskote in die omgewing gehoor en dit onmiddellik gaan ondersoek.

Met hul aankoms op die toneel het gewapende verdagtes op die polisielede losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet, waarna die aanvallers gevlug het. Tydens die skietery is twee polisiebeamptes en twee burgerlikes, ‘n man en ‘n vrou, gewond en na ‘n nabygeleë hospitaal geneem. Nog vier onbekende mans is later met noodlottige skietwonde aangetref. ‘n 9 mm-vuurwapen is op een van die misdaadtonele gevind wat aan ‘n forensiese ondersoek onderwerp sal word. Misdaadtoneelkenners het deur die nag gewerk om bewyse te versamel.

Traut sê speurders van die provinsiale eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaad ondersoek die vier sake van moord en vier van poging tot moord. Die motief vir die skietery word ondersoek en niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting word gevra om na vore te kom.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief