Foto in berig.
WES-KAAP. – Sarah Starrett (17) van Blanco, George in die Tuinroete, word steeds gesoek sedert sy op 19 Julie vermis geraak het.

Volgens AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, was Sarah in swart geklee toe sy vermis geraak het. Die polisie beklemtoon dat sy steeds vermis is, ondanks plasings op sosiale media wat anders beweer. Spies bevestig dat die ondersoek deur die George-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe hanteer word.
Sers. Brendon Jacobs, die ondersoekbeampte, doen ‘n beroep op die publiek om enige inligting wat kan help om Sarah veilig op te spoor, met die polisie te deel. Jacobs kan by 082 335 1200 gebel word.





