KYK: Dodelike skietaanval op CCTV vasgelê

Lees ook :

Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Twee mans is Dinsdagmiddag in Phoenix dood nadat onbekende aanvallers verskeie skote in ‘n vermoedelike geteikende aanval op hul voertuig geskiet het. Die aanval is deur geslotekring-televisie (CCTV) vasgelê.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het die organisasie se Phoenix- operasionele sentrum omstreeks 16:15 verskeie oproepe van omliggende ondernemings ontvang nadat aanhoudende geweervuur in die gebied gehoor is. Reaksiebeamptes is onmiddellik na die toneel ontbied. Met hul aankoms het hulle ‘n wit Ford Bantam langs die pad met twee mans in die voertuig aangetref. Albei het veelvuldige skietwonde opgedoen en is deur paramedici dood verklaar.

Rusa sê ondersoek op die toneel het getoon dat verskeie skote met hoëkaliber-vuurwapens en 9 mm-pistole geskiet is. Verskeie leë doppies is as bewysstukke op die toneel opgetel. Volgens die beeldmateriaal het ‘n wit sportnutsvoertuig langs die Ford Bantam stilgehou, waarna die insittendes op die voertuig losgebrand het. Die verdagtes het kort daarna van die toneel weggejaag.

Die identiteit van die oorledenes was teen publikasietyd nog onbekend en die motief vir die skietaanval word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief