Chris Steyn verras met energieke nuwe rock-enkelsnit

Lees ook :

Foto: Hendri Fourie

Die Afrikaanse sanger, Chris Steyn, het pas sy jongste enkelsnit, Dammit Ek’s Lief Vir Jou, uitgereik. Die liedjie wys ’n meer energieke rock-kant van die sanger en kombineer sterk kitaarklanke met ’n maklik-singbare refrein.

Fanie Nel van die Coleske Groep sê die nuwe liedjie vertel op ’n speelse manier van verlief wees en daardie oomblik wanneer die mense rondom jou reeds besef dat jy die regte persoon ontmoet het. Steyn het die liedjie saam met die sanger en liedjieskrywer Riaan Benadé en sy tromspeler, Ruben Radyn, geskryf. Die vrystelling volg op Steyn se vorige enkelsnit, Ek Kom Jou Haal, wat vroeër vanjaar goed deur aanhangers ontvang is.

Saam met die enkelsnit is ’n nuwe musiekvideo ook bekendgestel. Die video is deur Eric T. Graham en Tehan Buys vervaardig en is by Weiveld Village in Pretoria verfilm, onder meer by die skaatsbaan en padelbane. Die video het ’n moderne, punk-geïnspireerde aanslag en gebruik kamerawerk wat kykers die gevoel gee dat hulle saam met Steyn en sy orkes deur die dag beweeg.

Volgens Steyn is die nuwe enkelsnit doelbewus ’n bietjie anders as sy vorige musiek, met ’n sterker rock-invloed.Steyn sê hy en sy orkes het die verfilming geniet en hoop aanhangers sal die nuwe, meer rock-georiënteerde klank net soveel geniet.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief