GAUTENG. – Dr. Nasiphi Moya, die burgemeester van Tshwane, sê ‘n lykshuis en ‘n spazawinkel wat op dieselfde perseel in Enkangala bedryf is, is tydens ‘n inspeksie ontdek. ‘n Video-opname van die perseel is deur die burgemeester gedeel.
Volgens Moya is ‘n verbodskennisgewing aan die lykshuis uitgereik, terwyl die spazawinkel ook gesluit is. Sy het die voorval Donderdag op sosiale media bekend gemaak, maar geen verdere besonderhede oor die redes vir die sluitings of moontlike oortredings is gedeel nie.
Die inspeksie vorm deel van die metro se voortgesette optrede om nakoming van gesondheids-en- veiligheidsregulasies te verseker.





