Jacques Potgieter, die voormalige Springbok-rugbyspeler het vroëer vandag foto’s van hom en Angelique Gerber op sy Facebook-blad gedeel en gesê: “I hit the bullseye.” Die foto’s het behoorlik aandag getrek, soos foto’s die afgelope tyd waarin hulle albei verskyn.
In vandag se foto’s is die twee saam by ’n geleentheid en in een van die foto’s staan die twee voor ’n reuse-veerpyltjiebord, terwyl hulle in ’n tweede foto saam op ‘n stoel by die geleentheid afgeneem is. Die plasing het vinnig reaksie van volgelinge ontlok.
Potgieter en Gerber is in 2016 getroud en het drie kinders. Hul verhouding het in die verlede openbare aandag geniet. Hulle het gedurende 2022 hul eie paadjies ingeslaan, waarna Potgieter in ‘n ander verhouding betrokke was, maar dié verhouding is ook beëindig. Gerber is bekend as aktrise, aanbieder en sakevrou, terwyl Potgieter ná sy rugbyloopbaan steeds in die sportwêreld betrokke is.
Hoewel die nuwe foto’s beslis nuwe belangstelling in die twee se verhouding wek, het nóg Potgieter nóg Gerber in die plasing uitdruklik bevestig dat hulle weer as ’n paartjie saam is.





